HoĆ«rskool Delmas Koshuis Koshuisvader: Mnr. H Klindt Kontaknommer: 079 460 6598 Koshuis Finansies: Mev. H Botes Kantoorure: Weeksdae vanaf 07h30 tot 14h00 Kontaknommer: 013 665 2351 Matrone: Mnr. D Berry Kontaknommer vir mediese reëlings: 073 827 8493 Mev. Y Berry Kontaknommer vir mediese reëlings: 076 782 6646 Kontak die koshuis: Privaat sak x 1010 Delmas 2210 Epos: koshuis@delmashs.co.za Tel: (013) 665 2351/2 Faks: (013) 665 1570 086 600 817 Etos - HoĆ«rskool Delmas Koshuis Die koshuis, as deel van Hoërskool Delmas, streef 'n etos van Christelike liefde na, volgens die gebod en voorbeeld van Christus in Matt. 11:37-39: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." Daarom tree alle inwoners te alle tye met respek, vriendelikheid, bedagsaamheid en lojaliteit op teenoor mekaar as persoon en mekaar se eiendom. Hierdie maatstaf sal dan ook te alle tye gebruik word met die beoordeling van gedrag en optredes van dissiplinêre aangeleenthede. Die doel van ons koshuis is om 'n geborge tuiste te skep vir inwoners sodat elke leerling volle geleentheid het om na vermoë gebalanseerd te ontwikkel en te presteer, eerstens op akademiese gebied maar ook ten opsigte van persoonlikheid en op sport- en kulturele gebied. Die doel van koshuisreëls is ter wille van die ordelike verloop van sake en om vir elke individu ruimte te skep om ons etos en doelstelling te kan uitleef. Dit is onmoontlik om vir elke situasie 'n reël te skep. Waar 'n reël ten opsigte van 'n spesifieke situasie ontbreek of onduidelik is, geld die normale opvoedkundige beginsels en norme volgens die oordeel van die Hoof, Senior Koshuisvader of die personeellid aan diens wat die situasie hanteer. |