As die rooidag se Rooi die grasbulte tint En yl teen die hemel die rokie klim, Hoor jy vêr oor die veld ons lied weerklink En weet ons het Goed Begin. As die douspoor verdamp en die leeurikie styg Soos ’n lied in ons harte na bo, Lê die land se sooie blink in die son En die oes is Half Gewin. Ons glo voor die aandson sy Goud oor ons strooi Sal die somerwolk bloei daar ver; En die hemel sy seën oor ons arbeid laat reën, En ons sing want die lewe is mooi. |