SIMBOLIEK VAN DIE WAPEN 1. KLEUR Agtergrond – blou Omlynings – wit Beklemtoning – rooi 2. SKILD Die vorm van die wapen, naamlik die skild, simboliseer beskerming. Die skild word in drie dele verdeel wat deurgaans die basis van die samestelling van die skool is. 3. MIELIE Die mielie dui op die gebied waaruit ons kom, maar dit is tydloos en simboliseer ook verbouing van voedsel asook groei en vrugdra. 4. Bybel Die geopende boek kan beskou word as die grondslag van godsdiens en die christelike karakter van die skool. Die geopende boek word ook as die boek van kennis beskou. 5. OPKOMENDE SON Die son simboliseer lig en energie asook hoop op die toekoms. 6. GROND Die rooi kleur van die grond simboliseer die lewensaar van die omgewing se voortbestaan. 7. RATTE Die ratte wat in drie gegroepeer is en inmekaar skakel, simboliseer: 7.1 Geestelik: Vader, Seun en Heilige Gees Onderwyser, Ouer en Kind Verlede, Hede en Toekoms 7.2 Realisme: Samewerking soos ratte in ’n skakel wat tot sukses lei. Samewerking tussen: Omgewing (landbou, nywerheid en mynbou), dieSkool en die gemeenskap. |