Ons Erekode: Ons gee die ereplek aan God en Sy Woord in ons lewe en streef die Christelike lewensbeginsels na. Ons staan vir ons Taal, ons Nasie en ons Land en verdedig dit met ons hele hart en siel. Ons streef daarna om te alle tye en onder alle omstandighede gedissiplineerde, koersvaste Christen-Afrikaners te wees. Ons hou die tradisie en erfenis van ons voorvaders in ere. Ons dien ons skool en gemeenskap sonder bymotiewe en handhaaf lojaliteit daarna met woord en daad. Ons streef daarna om vriendelik, hulpvaardig en diensvaardig te wees teenoor ons medemens, veral teenoor die swakkeres en eensames. Ons respekteer ons ouers, onderwysers en opvoeders en betoon beleefdheid teenoor ons gelykes, ons meerderes en ons minderes. Ons glo dat elke mens ‘n lewenstaak het om te vervul, daarom woeker ons met die talente wat aan ons toevertrou is. Ons woord is ons eer en ons staan en val daarby. Ons is daarop gesteld om onsself, ons werk en ons omgewing netjies en rein te hou. Ons glo dat sukses geleë is in die presiese, korrekte nougesette uitvoering van opdragte. Ons glo dat die vrese van die Here die beginsel van die wysheid is. |