Geskiedenis
 
Hoërskool Delmas het nie maar net ontstaan nie; nie maar net gegroei uit die laerskool nie. Nee, dit is' n verhaal van stryd en struweling, van pleit en oortuig en dit met mense en instansies buite Delmas.
 
Die eerste St 9-klas begin Januarie 1953 in die laerskool en die eerste matriek klas skryf in Desember 1954. Op 4 Februarie 1956 word die hoeksteen van die skool gelê "daar op die rooi bult" deur Dr LM Meyer, Adjunk-Direkteur van Onderwys, op 'n reënerige dag. Bouwerk het so vinnig gevorder, dat die gebou 'n raps meer as 'n jaar later, op 9 April 1957 in gebruik geneem kon word, maar die amptelike inwyding sou eers in Augustus 1957 tydens 'n groot kermis plaasvind …op 'n koue reënerige dag.

Op 9 April 1957 vergader al die leerlinge, personeel, ouers en komiteelede by die laerskool. Na Godsdiens vertrek almal in feestelike optog na die bult onder gebeier en geskal van die kadetorkes. Na al die toesprake besigtig almal die nuwe gebou, geniet verversings en so word 'n nuwe bladsy geskryf in die geskiedenis van onderwys op Delmas.

In Januarie 1965 klim die leerlingtal tot 510. Die eerste Groentjie konsert word gehou wat die besondere talent van die nuwelinge uitbeeld en met 'n atletiekbyeenkoms word die nuwe atletiekdrag in gebruik geneem.

Op 4 Mei 1974 vind die inwyding van die volledig vergrote sportkompleks plaas deur die Adjunk-Direkteur van Onderwys, Prof. JH Jooste: Kleedkamers en stoorkamers by die pawiljoen; 'n aparte klubgebou by die tennisbane; 4 tennisbane, 3 rugbyvelde, 6 korfbalbane, 3 hokkievelde; 'n skietbaan en swembad, terwyl' n tweede pawiljoen en 'n asbaan vir atletiek reeds in die beplanning stadium is.

Op 4 Februarie 1977 vier die skool sy mondigwording. 'n Hele aantal hooggeplaastes, ouers en oudleerling wat die hoeksteenlegging op 4 Februarie
1956 bygewoon het, is teenwoordig as die hoof 'n gedenkplaat by die hoofingang onthul om die geleentheid te herdenk.

In 1979 het die skool begin met 539 leerlinge en' n pragtige nuwe pawiljoen. Geskiedenis is gemaak in 1980 deurdat die eerste Interhoër atletiekbyeenkoms hier aangebied word en die skool het geen moeite ondervind om almal te akkommodeer nie.

ADRES 1 Hendrik Verwoerd Ave,
Delmas West,
Delmas,
2210

Privaat sak x 1010
Delmas
2210
KONTAK ONS Faks: (013) 665 1570 | 086 600 8177

(013) 665 2351
(013) 665 2352

admin@delmashs.co.za

NAVRAE
      © 2024 Hoërskool Delmas - All rights reserved   |   Website Terms    
× Privacy Policy As required by law this privacy policy will contain information on how Hoërskool Delmas collect and use personal information. This privacy policy will also contain information regarding the rights of Users to this website.

A User refers to a natural and juristic person to whom personal information relates.

This website may collect certain information about a User's behaviour, what pages was visited, how the User got to this website and the time the User spend on this website.

This website may also collect personal information obtained directly through Hoërskool Delmas's online forms when completed by Users. This information includes, but is not limited to, the person's name, contact details, email and enquiries posted for assistance.

Hoërskool Delmas may process personal information to be used for the following, but not limited to:
  • Communication
  • Providing a specific service
  • Providing a value added experience or service to visitors
  • Complying with regulatory and legal obligations
  • Marketing and promotional services
  • Internal operational purpose

Hoërskool Delmas will store personal information only for as long as reasonably necessary and in accordance with the law.

We have implemented appropriate technical measures (such as using login features) to help us keep all information secure, accurate, current, and complete to ensure protection of personal information.

Users to this website may also exercise their right to object to processing of their personal information. Objection to processing personal information can be sent to the contact details provided here below.
admin@delmashs.co.za

Hoërskool Delmas reserves the right to amend our privacy policy or add to it at any time to address new issues and will upload the updated version to our website.

By using this website, the User signify the User's acceptance of our privacy policy. If the User do not agree to this policy, please do not use this website. The User's continued use of the website following the posting of changes to our privacy policy will mean that the User accept those changes.